Richard Mdluli, voormalige hoof van die Polisiediens se misdaadintelligensie-eenheid, het Vrydag bekend gemaak hy gaan die polisie in die arbeidshof oor sy skorsing aanvat.
Lees meerAlles vir Vrydag 1 Junie 2012
Twee transito-rowers by winkelsentrum doodgeskiet
Twee gewapende rowers is Vrydagmiddag by die Gateway-winkelstentrum in Durban doodgeskiet.
Afleggings in Telkom dreig ná regering groot transaksie verwerp
Telkom het Vrydag bekend gemaak dat planne om met die Suid-Koreaanse KT Corporation (Korea Telecom) in ʼn vennootskap te tree, nie gaan plaasvind nie omdat die regering dit nie wil ondersteun nie.
Nando’s-advertensie takel xenofobie
Nando’s wat bekend is vir hul omstrede advertensie het weer die nuus gehaal met hul nuutste advertensie wat die gek skeer met xenofobie.
Seldsame aardbewing op Antarktika
‘n Aardbewing, van 5,6 op die Richterskaal, het Vrydag op die Antarktiese vasteland plaasgevind. Aardbewings op dié yskontinent is baie raar, hoewel ‘n baie sterk aardbewing…
Puik vermaak op die planke
My Vrou se Man se Vrou, met Tobie Cronjè en Hannes Muller, van Groet die Grotman-faam, toer tans regoor die land met speelvakke in Kaapstad, Pretoria, die InniBos Kunstefees op Nelspruit en Gauteng se Oos-Rand.
Interpol vang vier Nigeriese swendelaars
SAPD Interpol-lede het die week vier mans in Gauteng in hegtenis geneem in verband met bedrog wat gepaard gaan met sogenaamde 419- of lotery-slenters.
Foto’s: Wit tiertjies steel harte
Die geboorte van twee wit tiertjies in dieselfde werpsel van twee oranje Bengaalse tiere, het ʼn dierepark se eienaar baie opgewonde.
Zuma-skildery: Geen persone onder 16
Die Film- en Publikasieraad het Vrydag die omstrede Zuma-skildery met ‘n ouderdomsbeperking van 16 geklassifiseer.
Ses leerlinge in hospitaal vir breinvliesontsteking
Ses leerlinge is in die hospitaal in Brits, Noordwes, opgeneem vir waarneming en behandeling van breinvliesontsteking.
Nuuskommentaar: Kinderbeskermingsweek
Hoewel misdrywe teen kinders komplekse oorsake het wat aangespreek moet word, kan nie vir eendag gewag word dat die ekonomie herstel, alkoholismeprogramme doeltreffend word en kulture weer moreel nesskop, voor kinders beskerm word nie.
Foto’s: Bekruiper gevonnis
Shumsheer Ghumman, die man wat vroeër aan bekruiping skuldig bevind is en dat hy, weens sy obsessie met ʼn vrou ʼn huis in Clifton, Kaapstad, met ʼn petrolbom bestook het, is Donderdag gevonnis.
Drie vermeende N4-rowers gevang
Die polisie in Brits het drie verdagtes in hegtenis geneem wat glo verbind kan woord aan die misdade wat sedert Januarie 2012 op die N4 plaasgevind het.
BFN-paartjie sterf in brand in aftreeoord
ʼn Bejaarde paartjie het Donderdagaand in hul huis in Vleurdal-aftreeoord in Bloemfontein gesterf ná ʼn brand uitgebreek het.
Cell C-werknemer pleeg selfmoord
Die vakbond Solidariteit het Donderdag bevestig dat ʼn werknemer van Cell C selfmoord gepleeg het nadat hy sy afleggingskennisgewing ontvang het.