Twee mense is dood en vyf ernstig beseer nadat ʼn voertuig Sondag op die R27-pad naby Ballito gerol het.
Alles vir Maandag 12 November 2012
St Francisbaai: Brand geblus, huise ontruim
Skoonmaakoperasies duur Maandagoggend in St Francisbaai in die Oos-Kaap voort nadat ʼn brand meer as 100 huise verwoes het.
Nuuskommentaar: Die dorings van De Doorns
Die geweld by De Doorns het werklik nie nog nodig gehad dat ‘n adjunk-minister kom kwaad stook nie. Adjunk-minister Marius Fransman sit lank reeds by sy base met eier in die gesig omdat hy as Wes-Kaapse leier van die ANC nie dié provinsie, soos die ANC dit stel, kan bevry nie.
Hond beseer toe vliegtuig noodlanding maak op strand
ʼn Hond is beseer nadat ʼn ligte vliegtuig Sondagmiddag ʼn noodlanding moes maak op ʼn strand in Port Elizabeth.
Vier sokkerspelers sterf in botsing
Vier sokkerspelers is Sondagaand dood in ʼn ongeluk op die R71 naby Polokwane in Limpopo.
Vermeende renosterstroper doodgeskiet in wildtuin
ʼn Vermeende renosterstroper is Sondag in die Krugerwildtuin doodgeskiet en nog een is gewond.
Pretoriase Kunsmuseum van R10 miljoen se kunswerke beroof
Kunswerke van onder meer Irma Stern en Maggie Laubser is Sondag uit die Pretoriase Kunsmuseum gebuit.
Foto’s en video: St Francis-brand onder beheer
Die verwoestende vuur wat Sondag minstens 100 huise in St Francis vernietig het.[/caption]Die brand wat Sondagaand meer as 100 huise in St Francisbaai verwoes het, is onder beheer.
Video: 100 St Francis-huise brand af
‘n Verwoestende brand het Sondagaand minstens 100 huise in St Francisbaai verwoes.