‘n Taxibestuurder van Singapoer het $900 000 (sowat R7,2 miljoen) kontant aan ‘n paartjie teruggegee het wat die kontant in sy taxi gelaat het.
Lees meerAlles vir Dinsdag 20 November 2012
Huishulpe ontevrede met verhoging
Die Suid-Afrikaanse huis-en-dienswerkersvakbond (Sadsawu) het Dinsdag gesê hy is ongelukkig met die lae verhoging wat werkgewers verplig is om hul huishulpe te betaal.
Nóg taxigeweld in JHB
Twee mans is Dinsdag in hegtenis geneem nadat hulle glo ‘n taxibestuurder in Vosloorus aan die Oos-Rand doodgeskiet het.
BFN-vrou op kleinhoewe aangeval
‘n Vrou van Bainsvlei buite Bloemfontein is Dinsdag met ‘n gebreekte bottel op haar kleinhoewe aangeval.
Drie sterf by Wanderers
Drie mense is doodge en sewe ander beseer na ‘n skietvoorval Dinsdag by die Wanderers taxistaanplek in Johannesburg.
Leerling geskiet ná hy ander afknou
‘n Graad 11-leerling van die Oos-Rand het Dinsdag glo ‘n graad 10-leerling doodgeskiet wat hom glo afgeknou het.
Pastorie-moorde: Dorothea dalk teen Vrydag wakker
Dorothea Brits, die vrou van ds. Willem Brits, wat op 8 November met ʼn byl in hul pastoriehuis in Harrismith aangeval is, sal moontlik teen Vrydag haar bewussyn herwin.
‘Modimolle-monster’: “Ek het jou lief, daarom martel ek jou”
Ina Bonnette, vervreemde vrou van die sogenaamde ‘Modimolle-monster’, Johan Kotze, het Dinsdag in die Noord-Gautengse hof oor die voorval getuig.
Kaapstad OTM opgeblaas
ʼn Outomatiese tellermasjien (OTM) is Dinsdagoggend in Mitchells Plein, Kaapstad, opgeplaas.
Stedelike tol glo onafwendbaar
Die vakbondfederasie Cosatu het Dinsdag gesê dit is onafwendbaar dat stedelike tol nasionaal ingestel gaan word.
Victor Matfield sluit by Bulle se afrigtingspan aan
Victor Matfield, voormalige Springbokkaptein, het by die Bulle se afrigtingspan vir volgende jaar se Superrugby-veldtog aangesluit.
Drie sterf glo weens taxigeweld
Drie mense is dood en ten minste ses beseer by ʼn taxistaanplek naby Parkstasie in Johannesburg se middestad.
“Zuma het ‘n verband,” sê presidensie
Die presidensie het Dinsdag bevestig dat president Jacob Zuma ʼn verband op sy woning in Nkandla, KwaZulu-Natal, het.
Effense petrolprysdaling in Desember verwag
Met die rand wat tot dusver in November gemiddeld ietwat swakker is as wat dit in Oktober was, striem dit die vooruitsig vir ʼn groot daling in petrol- en dieselpryse op 5 Desember.
Gevangenes kan voortaan ‘n ‘salaris’ verdien
ʼn Goedgemanierde en hardwerkende gevangene kan met sowat R20 000 in sy sak uit die tronk stap.
Vermiste pa en seun se vliegtuigwrak opgespoor
Bryan Simms en sy seun Robert, wat al sedert 28 Oktober vermis word, se vliegtuigwrak is Maandagmiddag opgespoor.
Video: AfriForum-musiekfees
Die burgerregte-organisasie AfriForum sê tussen 20 000 en 30 000 mense het Saterdag by die Voortrekkermonument in Pretoria saamgetrek om hulle steun vir die behoud van Pretoria se naam te wys.
Pastorie-moorde: Seun toon glo berou
Martin Brits het in ʼn pleitgebed om vergifnis gevra ná die grumoorde op 8 November in die pastorie in Harrismith, sê ʼn pastoor wat hom in die tronk besoek het.
Nuuskommentaar: Veldtog teen nuwe SEB-kodes
Solidariteit se veldtog teen die nuwe, voorgestelde SEB-kodes dui aan in watter mate die skoen aan die voet verwissel het. Terwyl woordvoerders uit die ANC-alliansie en hul ideologiese meelopers gereeld Solidariteit, Afriforum en ander instansies as “regs” en rassisties brandmerk, dui die telbord op iets heel anders.
De Doorns-oproer: Onderhandelings gaan dalk langer duur
Die departement van arbeid se belofte om die minimumloon van plaasarbeiders te hersien kan dalk langer duur as wat aanvanklik beraam is.