Voormalige president Nelson Mandela is Woensdagaand weer in ʼn hospitaal opgeneem.
Alles vir Donderdag 28 Maart 2013
Transnet-hoof eis verskoning van BBC ná groot blaps
Rufus Lekala, Transnet se hoofhawemeester, eis ʼn verskoning van die BBC nadat hulle per abuis sy naam tydens ʼn onderhoud as “Gay Marriage” aangedui het.
Metropolisie jaag groep gewapende rowers
Metropolisiebeamptes van Johannesburg het Woensdag ʼn man in hegtenis geneem kort nadat ʼn groep gewapende mans ʼn skrootwerf beroof het.
Twee in Gauteng doodgeskiet
Twee mans is Woensdagaand in twee afsonderlike voorvalle in Gauteng doodgeskiet.
Oscar appelleer vandag
Oscar Pistorius se regspan appelleer vandag in die Pretoriase landdroshof teen sy swaar borgtogvoorwaardes.
Minister vra Valke moet Puk-student se verdrinking ondersoek
Dr. Blade Nzimande, minister van hoër onderwys, het die Valke gevra om ondersoek in te stel na die verdrinking van ’n eerstejaarstudent in Januarie 2012 by die Noordwes-Universiteit (NWU) se Potchefstroom-kampus nadat daar glo nuwe inligting aan die lig gekom het.
Polisieman skuldig aan strafbare manslag
Die polisieman wat daarvan beskuldig word dat hy ʼn man doodgeskiet het na ʼn klopjag by ʼn nagklub in Boksburg, is Woensdag in die Palm Ridge-landdroshof skuldig bevind aan strafbare manslag.
Drie ‘renosterstropers’ doodgeskiet
Drie vermeende renosterstropers is Woensdagaand deur wildbewaarders in die Krugerwildtuin doodgeskiet.