ʼn Vermeende dronkbestuurder is in hegtenis geneem nadat hy vroeg Woensdagoggend teen die agterkant van ʼn metropolisievoertuig in Roodepoort, Johannesburg, vasgery het.
Alles vir Woensdag 31 Julie 2013
Zim-kiesers staan vier ure lank in die koue om te stem
Die stembusse in Zimbabwe het Woensdagoggend om 07:00 oopgemaak met sommige kiesers wat vir langer as vier ure in snerpende koue in rye begin staan het om hul kruisies te trek.
Uitdrukking: Deur die wind wees
Taaltoffie ondersoek die Afrikaanse uitdrukking ‘Deur die wind wees’.
Gedagte vir die dag: Bybelse diensbaarheid
As iemand My wil dien, moet hy My volg; en waar Ek is, daar sal my dienaar ook wees. As iemand My dien, sal die…
Grootste Njala-bul behaal rekordprys in Limpopo
’n Njala-bul wat die glo die grootste in die wêreld is, is oor die naweek tydens ʼn wildveiling by die Oljaco Wildhandelaars in Vaalwater, Limpopo, vir R1,65 miljoen verkoop.
Nuuskommentaar: Oë op Zimbabwe
Die oë van die wêreld is nou op Zimbabwe waar vandag na die stembus opgeruk word, maar die aandag is veral op die volgende vyf dae wanneer die uitslae afgewag gaan word.
Weermaglid ʼn beskuldigde in Jhb-polisiehoof se moordsaak
Een van die vier mans wat daarvan beskuldig word dat hulle genl.maj. Tirhani Maswanganyi (51), Johannesburgse polisiehoof, vermoor het, is ʼn lid van die weermag.
Soldate vas na rooftog
Twee soldate is in hegtenis geneem nadat ʼn snoepwinkel in Viljoenskroon in die Vrystaat beroof is.
Polisieman verkrag glo eksvrou
ʼn Polisiebeampte van die Paarl in die Wes-Kaap is in hegtenis geneem nadat hy glo sy eksvrou verkrag het.