ATKV en Beter Afrikaans vier saam-saam Moedertaalmaand

Staan jy as dié taalgeneraal van jou vriendekring bekend?

Ken jy die taalreëls soos die palm van jou hand?

Dan is Beter Afrikaans se Moedertaal-kompetisie, wat in samewerking met die Afrikaanse Taal- en Kultuurvereniging (ATKV) aangebied word, die ideale geleentheid om jou slag te wys.

Vanjaar word Moedertaaldag op unieke wyse deur Beter Afrikaans gevier. Dié kompetisie strek van 10 tot 14 Februarie en jy sal elke dag ’n kort toets met veelvuldigekeusevrae moet beantwoord.

Hoe om deel te neem?

Om aan die kompetisie deel te neem kan jy die volgende stappe volg:

  1. Laai Beter Afrikaans se toepassing op jou foon af of besoek beterafrikaans.co.za.
  2. Skep jou profiel.
  3. Gaan na “Groepe”.
  4. Klik op “Sluit aan”.
  5. Vul die toegangskode BAZA7tzAP7qcadC en jou naam in.
  6. Wanneer jy klaar aangesluit het, stuur jou naam, van en e-posadres na Mandie Ehlers by [email protected].

Om vir die pryse in aanmerking te kom, moet die toets elke dag voltooi word.

Die wenner sal op 21 Februarie bekend gemaak word.

Meer oor Beter Afrikaans

Beter Afrikaans is ʼn gratis digitale taalspeletjie. Dit is geskep om as hulpmiddel vir die klaskamer te dien en ook om mense te help om hul Afrikaanse taalvaardighede op te skerp of te toets.

Meer oor Wêreldmoedertaaldag

Wêreldmoedertaaldag word sedert 2000 jaarliks op 21 Februarie gevier. Die doel is om die bewustheid van taalkundige en kulturele verskeidenheid én veeltaligheid te bevorder.

Kuier in Afrikaans met Maroela Media se eg Afrikaanse produkte in die Koöperasie. Februarie is die maand waarin jy jou trots vir Afrikaans op die mou kan dra met ʼn Afrikaanse hemp of selfs oor die skouer met ʼn boektas van egte leer. Klik hier om die mooiste Afrikaanse produkte te sien en ondersteun só jou moedertaal.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.