Boek: Antjie Krog se ‘Mixtape van die liefde’

Saamgestel deur Antjie Krog

Hierdie bundel gedigte verken die verskillende dimensies van die liefde: Verliefdheid (“ʼn rimpelvel hardloop”), Wat is die liefde? (“my hart het in jou verdwaal”), Liefde in gesinsverband (“wie is die stil kind?”), Liefde en pyn (“ek volg net my hartseer), Liefde en woede (“ek haat en ek het lief”) en Liefde wat verder reik (“o’s celebrate”).

Die hele spraakgemeenskap van Afrikaans word in hierdie bundel verteenwoordig: Van ouer digters soos Totius, Boerneef, Elisabeth Eybers, DJ Opperman en NP Van Wyk Louw tot opwindende nuwe stemme soos Ashwin Arendse, Bibi Slippers, Nathan Trantraal, Pieter Odendaal, Lynthia Julius en Ryan Pedro. Ronelda S Kamfer lewer die grootste bydrae met ses gedigte.

Mixtape van die liefde is saamgestel deur Antjie Krog en dit het pas by Lapa Uitgewers verskyn.

Prys: R180,00*
*Prys onderworpe aan verandering
Koop die boeke by Graffiti Boeke  

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

annie ·

Ag toggie tog! Die room van Afri-poësie? Onse ou volkie is deur swaargewigtiges, hogeres en gesuites se geskryftes afgetrek tot zero is. Enjoy die laaste stuiptrekkings tot nobody’s.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.