Boek: ‘Ben gaan skool toe’ – Zuléka Smit

Zuléka Smit

Ben hou nie van skool toe gaan nie. Die ander kinders is lelik met hom en hy het glad nie maatjies nie. Maar sy mamma vertel hom dat Jesus vir hom lief is. Die volgende dag kondig juffrou aan dat hulle konsert gaan hou. Dalk sal hy uiteindelik kans kry om maats te maak…

Ben gaan skool toe is deur Zuléka Smit geskryf met illustrasies deur Johann Strauss. Dit is gegrond op Smit se jarelange ondervinding in die onderwys en ook haar ervarings met haar eie kinders.

Die boek is gepas vir klaskamergebruik en sal onderwysers help met gesprekke oor vriende maak, vrese en boelies.

Oor die skrywer

Smit is bekend vir haar Facebook-blad “Uit die pen van ʼn mamma en juffrou” wat tans meer as 36 000 volgelinge het. Sy het na skool haar onderwysgraad (cum laude) aan die Kaapse Technikon Wellington Kampus behaal en daarna haar loopbaan by Klein Boishaai in die Paarl begin waar sy reeds die afgelope 15 skoolhou. Smit is tans heeltyds ook koshuismoeder by ʼn hoërskool waar sy haar passie vir die opvoeding en leiding van jongmense verder uitleef.

Prys: R150,00*
*Prys onderworpe aan verandering
Koop die boek by Graffiti Boeke

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.