Boek: Biografie oor Boeregeneraal wat Uniewording help bewerkstellig

Richard Steyn

Louis Botha was ’n uitsonderlike Boeregeneraal wie se taktiese vernuf en intuïtiewe aanslag vir etlike oorwinnings oor die Britse magte in die Anglo-Boereoorlog gesorg het. Dit was veral sy enigmatiese karakter en vaste oortuiging om te hou by wat hy geglo het reg was wat hom as ’n leier van die Boerevolk bevestig het.

Richard Steyn bied insae in die lewe van hierdie grootse Suid-Afrikaanse krygs- en staatsman. Steyn beskryf hoe Botha saam met sy hegte vriend, Jan Smuts, die vier Suid-Afrikaanse kolonies na Uniewording in 1910 gelei het waarna Botha as die eerste minister van die Unie aangewys is.

Tydens die Eerste Wêreldoorlog (1914-1918) was Botha aan die voorpunt van die Suid-Afrikaanse magte se suksesvolle inval van Duits-Suidwes-Afrika. Tog is hy deur talle Afrikaners verkwalik vir sy steun aan Brittanje, en die rebellie van 1914, waartydens hy teen voormalige makkers moes optree, het sy hart gebreek.

Botha se groothartige en vrygewige omgang met mense, van Vereeniging tot Versailles, het hom bo sy tydgenote laat uitstaan.

Oor die skrywer

Steyn is ’n oud-Matie wat ’n praktiserende prokureur was voordat hy die regsberoep vir die joernalistiek verruil het.

Hy was van 1975 tot 1990 redakteur van Natal Witness in Pietermaritzburg, waarna hy as hoofredakteur van The Star aangestel is. Steyn het in 1995 bedank en daarna vir vyf jaar by Standard Bank as direkteur van korporatiewe sake en kommunikasie gewerk voordat hy voltyds begin skryf het.

Steyn was ook in 1985/’86 ’n Nieman-genoot aan Harvard-universiteit.

Prys: R270,00*
*Prys onderworpe aan verandering
Koop die boek by Jonathan Ball Uitgewers

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

JanSt ·

Sal maar altyd ‘n raaisel bly dat Gen De La Rey geskiet is na die gesprek met hom… Toevalliglik dieselfde dag wat ‘n bank rower bende gesoek word…

Andrew ·

Om te dink, as die unie nie gestig was nie, was apartheid nooit gewees nie.

Andrew ·

Hierby nog n vraag, as al die mense van die land nie mag gestem het tydens stemmery vir republiek wording in 1960, is daai resultaat geldig?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.