Boek: Blydskap: Mindfulness-wenke vir ’n vreugdevolle lewe

Johannes de Villiers

“Dit help nie jy wag totdat jou lewe perfek is voordat jy jouself blydskap gun nie. Skep nóú ruimte vir blydskap, raak tuis in jou vel, ongeag waar jy in jou lewe is. En kyk dán hoe dinge in plek begin val,” sê Johannes de Villiers, skrywer van Blydskap: Mindfulness-wenke vir ’n vreugdevolle lewe.

Die boek is ’n omvattende blik op lewensvreugde. Met praktiese wenke – van meditasie tot uitstappies in die buitelug – en raad deur kenners, wys hierdie boek hoe dinge soos leefstyl, ouderdom, huwelikstatus, inkomste en selfs jou hond jou luim beïnvloed.

Die skrywer se breë aanslag bied antwoorde met inligting wat van geestelikes tot sielkundiges van reg oor die wêreld af kom.

Ware verhale word gebruik om sy voorstelle te staaf, soos dié van Malmesbury se mediterende gevangenes en die man wie se pad na blydskap begin het toe die geheime polisie hom skiet.

Johannes de Villiers is ’n kenner van meditasie en mindfulness. Hy het vreugdevolle mense op onverwagse plekke gaan opsoek – in kloosters, in ’n voormalige oorlogsone en in ’n Suid-Afrikaanse tronk. De Villiers het dié mense gevra hoe hulle dit regkry om gelukkig te wees. Elkeen kon ’n blymoediger blik op die lewe aanleer: Jy kan ook.

Genre: Leefstyl
Uitgewer: NB-Uitgewers

Prys: R275,00*
*Prys onderworpe aan verandering
Koop die boek by NB-Uitgewers

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.