Boek: Bundel herdenk Jonker se bydrae tot digkuns

Die Ingrid Jonker L’ Art Poétique-digkompetisie is die breinkind van Zalman S Davis, ʼn skrywer en digter van Sasolburg. Dit is die tweede jaar wat die kompetisie plaasvind en word ter herdenking aan Jonker se bydrae tot die Afrikaanse letterkunde, en haar bydrae tot die bevordering van menseregte, aangebied. Dié kompetisie is ’n nuwe projek waarmee Minimal Press en die FAK publikasiegeleenthede vir opkomende digters skep.

Vanjaar se kompetisie het verskeie nuwe digters opgelewer, waaronder Marieta McGrath, Jonathan Mark Birch en Carma Shaw. Die beoordelaars was Nini Bennett en Berdéhan Brand.

As jy lag bied ʼn keur van die beste gedigte wat vir vanjaar se kompetisie ingeskryf is. Dit is deur Davis saamgestel.

  • Lees meer oor die totstandkoming van die Ingrid Jonker: L’ Art Poétique-digkompetisie hier op Maroela Media.

Prys: R220,00*
*Prys onderhewig aan verandering
Koop die boek by Minimal Press

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.