Boek: ‘Die dodelikste donuts in die heelal’ – Cecilia Steyn

Cecilia Steyn

Wynand se ma is nou wel ʼn superheldin met supersoniese superheldin-tekkies, maar dit beteken niks in hulle kombuis nie. Sy wil sowaar haar aaklige groen muffins vir die skool se jaarlikse koekverkoping bak! Maar Wynand maak ʼn ander plan: Sjef Sprinkles in New York se beroemde donuts is gratis en hulle versend oor die hele wêreld heen! Wat kan tog fout gaan?

Die dodelikste donuts in die heelal is deur Cecilia Steyn geskryf met illustrasies deur Johann Strauss.

Oor die skrywer

Steyn is ʼn skrywer van Orkney in Noordwes. Sy is in Welkom in die Vrystaat gebore. Ná matriek begin sy ʼn loopbaan in die apteekbedryf waar sy baie jare lank as takadministreerder werk.

In 2014, onder die mentorskap van haar broer en bekende skrywer, Fanie Viljoen, waag sy vir die eerste keer haar hand aan die skryfkuns. In 2015 woon sy ʼn ATKV-skryfskool by die NWU by. Steyn behaal sukses in die jeug-genre met verhale soos Die meisie op die dak (Lapa Uitgewers) en die Tienerharte- en #PresiesAnders-reekse (Human & Rousseau). Haar Lea Lief-reeks (Lapa Uitgewers) is ook gewild onder jonger lesers, veral omdat dit ʼn sterk omgewings- en bewaringsfokus het. In 2017 ontvang sy ʼn ATKV-Kinderboektoekenning vir Tienerharte 2: Hartedief en in 2018 vir #PresiesAnders: Eksperimente en eerste soene.

Uitgewer: NB-Uitgewers
Prys: R165,00*

*Prys onderworpe aan verandering
Koop die boeke by Graffiti Boeke  

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.