Boek: Die onaantasbares

Die-onaantasbares.jpgSteve Hofmeyr

Die hoofkarakter in dié spanningsroman is ‘n huurmoordenaar wat deur die media as “Die Sluiper” gedoop word. Hy is ‘n Special Ops-veteraan wat deur die Bosoorlog “gekneus” is. Die verhouding tussen hom en sy eertydse kollegas versuur wanneer hy begin vermoed dat hulle hom verraai het.

Hy raak verlief op Tessa Mallet, wat later self in die visier van Die Sluiper se voormalige kliënte beland wanneer hulle besluit om van hom ontslae te raak. Nadat Tessa in hulle liefdesnes vermoor en Die Sluiper vir dood agtergelaat word, is wraak voor die hand liggend. Ná ‘n uitgerekte herstelproses begin hy jag maak op die groep mense wat agter die moord op Tessa sit.

Oor die outeur

Steve Hofmeyr is een van die gewildste vermaaklikheids-kunstenaars in Suid-Afrika. Benewens sy loopbaan as sanger, liedjieskrywer en akteur, is hy ook bekend daarvoor dat hy op uitgesproke wyse sy mening oor politieke en kulturele kwessies lug.

As akteur het hy bekendheid verwerf vir sy rolle in TV-reekse soos Agter elke man  en verskeie films en sepies, insluitende Egoli . Hy het reeds ’n menigte toekennings ontvang, onder meer Geselsprogram-aanbieder van die Jaar, platinumstatus vir CD-verkope wat die tweemiljoen-merk oorskry het (EMI), en ’n SAMA-toekenning vir grootste verkoper van musiek in Suid-Afrika oor alle genres heen. Sy outobiografie, Mense van my asem , was ’n topverkoper in 2008, en sy vier romans is gunstig deur kritici ontvang.

Uitgewer: Penguin Random House
Prys: R185,00*
*Prys onderhewig aan verandering
Koop die boek by Graffiti Boeke

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

LB S ·

Die tema van hierdie boek is al holrug gery deur Hollywood. ‘n Bekende Hollywood Regiseur het eens gesê daar is maar iets soos “8 temas” waarom ‘n storie draai, dan word daar net so bietjie met die resep rondgespeel. Dit steek nou so in my kop vas dat ek baie kieskeurig is oor watse flieks ek kyk want jy kan sommer heel aan die begin die einde voorspel. Hier en daar kom ‘n rolprent wat waarlik “anders” is en ek kan sê: “DIT was nou ‘n goeie storie”.

Linda ·

Skitterende leesstof met n verrassende einde. Knap gedaan Steve. Ons kan nie wag vir jou volgende boek.

Eish ·

Wat van n polities nie-korrekte riller?
Dis buitendien fiksie en Afrikaans. Soek n lekker Konsalik dikte voor ek weer fiksie lees.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.