Boek: Die VLV-kookboek

Die VLV-kookboek bevat ‘n versameling flatervrye resepte deur die lede van die Vroue-Landbouvereniging van Kaapland ter viering van hul 90ste bestaansjaar.

Trakteer jou gesin op ou familiegunstelinge soos lewerkoekies, bobotie en skaapboud in die toe-gedeelte en geniet weer die liplekker lekkerte van melktert, gemmerkoekies en gemmerbier om maar net enkeles te noem.

As jou tyd beperk is, wend jou tot die kortpad- getoetste resepte in die nou-gedeelte waar die mikrogolf ingespan word, soos ‘n sjokoladekoek wat in slegs 7 minute gemaak word, en beproefde, gesonder geregte soos spinasiegebak, pampoenmuffins, bobotie met ‘n appellaag en eiervrugslaai.

‘n Onontbeerlike resepteboek deur ma’s en vroue vir vroue van alle ouderdomme.

Oor die outeur:

Die Vroue-Landbouvereniging van Kaapland is ‘n nieregerende organisasie wat op 15 Oktober 1929 in Franschhoek in die lewe geroep is met die doel om persoonlike groei te bevorder en gemeenskapsdiens te verrig.

Uitgewer: Human & Rousseau
Prys: R350-00*
*Prys onderhewig aan verandering
Koop die boek by Graffiti Boeke

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Zettie ·

Pragtige geskenk vir Kersfees. Ek wil graag aansluit by die VLV, maar kry nie veel inligting daaroor in ons area nie. Ek is in PE.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.