Boek: Die waarheid oor duiwe

Gisela Ullyatt

Die waarheid oor duiwe is Gisela Ullyatt se debuutbundel oor intieme ruimtes, jeugherinneringe en verlies. Die sentrale tema van die bundel dui op ’n proses van vervreemding van die alledaagse, toenemende vereensaming, verlies en verlange. Sekerhede word opgeskort en die donker ondertone van die daaglikse, dikwels teleurstellende en selfs ontstellende werklikheid word ontbloot. Hierdie aanbod vind plaas teen die agtergrond van onder meer ’n religieuse onderbou van Bybelse en ook Boeddhistiese verwysings (veral in afdeling drie se haikoegedigte), wat ’n rol speel om die gegewe saam te snoer en bepaalde temas uit te bou.

Oor die outeur

Ullyatt is in 1977 in Bloemfontein gebore en het meestersgrade in Duits en Engelse taalstudie aan die Universiteit van die Vrystaat verwerf. Sy het haar doktorsgraad aan die Noordwes Universiteit in 2013 behaal en haar tesis het oor die Amerikaanse digter Mary Oliver, gesien vanuit ’n Boeddhistiese raamwerk, gehandel. Sy skryf sedert haar hoërskooldae verse en van haar gedigte is in Nuwe Stemme 5 opgeneem waardeur sy bewys gelewer het van haar vaardighede as digter. Sy en haar man, Tony, hou hulle soms besig met literêre vertaling en was deel van die vertaalprojek In a Burning Sea, met Marlise Joubert as samesteller. Sy behartig ook ’n blog op die poësiewebwerf Versindaba waar sy gereeld bydraes lewer.

Genre: Poësie
Uitgewer: Protea Boekhuis
Prys: R200,00*

*Prys onderworpe aan verandering
Koop die boek by Protea Boekhuis

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.