Inkleurboeke vir elke ouderdom en smaak, gemeng met inspirasie wat elke dag sal ophelder. Dít is wat lesers kan verwag in Die Woord in kleur.
Hierdie inkleurboek bied:
- 50 pragtige ontwerpe
- Boekmerke, kaartjies en geskenk-etikette wat lesers kan verpersoonlik en met ’n spesiale boodskap afrond
- Skoon bladsye op keersye waarop lesers na hartelus kan krabbel
- Inspirerende aanhalings en Bybelverse
- Geperforeerde bladsye in ringbind-formaat om uit te skeur en met ander te deel
Die Woord in kleur bied lesers kernverse uit die Bybel in pragtige woordkuns.
Hierdie pragtige inkleurboek sal die Woord van God lewe gee soos nog nooit tevore nie.