Boek: Gert Garries – ʼn Baaisiekel-blues

Pieter Fourie

Gert Garries: ʼn Baaisiekel-babelas word in 2002 by die KKNK opgevoer en gee vleis aan ʼn karakter uit Etienne Leroux se roman Magersfontein, O Magersfontein!

Die plaaswerker Gert Garries ry vir drie dae met die verbrande liggaam van sy kind op sy fiets rond. Hy wil ʼn doodsertifikaat bekom, ʼn voorvereiste voordat hy die kind kan begrawe. Weens sy velkleur word hy egter deur die burokrate van bakboord na stuurboord gestuur. Na sy ontmoeting met Le Grange, ʼn empatiese verkeersbeampte, ontstaan ʼn sonderlinge verhouding tussen hulle. Hierdie verhouding suggereer ʼn beter toekoms en menslike identiteit vir Gert, terwyl die kind simbool word van ʼn bitter en wrang verlede. Eindelik begrawe Gert sy kind saam met die room van die Engelse.

Die gehoor volg Gert Garries op sy drie dae lange fietsrit en beleef saam met hom ʼn prutpot van emosies.

Die drama word gepubliseer in 2019 as Gert Garries: ʼn Baaisiekel-blues.

Oor die outeur

Pieter Fourie is die afgelope 50 jaar ononderbroke vaardig as dramaturg, regisseur, akteur, vervaardiger en toneelbestuurder. Meer as 60 dramas is deur hom geregisseer en hy is die stigter van die KKNK. Hy word bekroon met die Hertzogprys vir Drama (2003), ontvang ʼn Fleur de Cap-toekenning in 2006 en in 2016 word hy vereer met ʼn kykNET Fiësta-toekenning vir sy bydrae tot die Afrikaanse woordkuns.

Uitgewer: Protea Boekhuis
Prys: R175,00*
*Prys onderhewig aan verandering
Koop die boek by Graffiti Boeke

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.