Boek: Hanli die hasie 2

Hanli die hasie 2Mandy Stanley

Hierdie is die tweede drie-in-een boek van Hanli die hasie! (Die vlieënde hasie; Die Ysprinses & Die Kersfeeswens)

Hanli die hasie is die Afrikaanse vertaling van die gewilde Engelse boek Lettice – waarvan daar al meer as ʼn miljoen boeke verkoop is.

Hanli is ʼn vrolike hasie wat saam met haar gesin hoog teen die kruin van ʼn heuwel woon. Knibbel, knibbel, hop, hop, elke dag is presies dieselfde, behalwe wanneer sy verras word!

Op ʼn dag sien Hanli ʼn pragtige pienk vliegtuig in die lug. Daar en dan besluit sy dat sy ook wil vlieg. Sy flap haar arms, haar ore, selfs haar snorbaarde en stert, maar niks werk nie. Sy plof moedeloos op die gras neer. Sal ʼn gewone hasie soos sy dan nooit kan vlieg nie?

ʼn Ander keer hoor Hanli hoe kinders oor Kersfees praat. Sy wou nog altyd geweet het wat Kersfees is en besluit om die kinders te volg en self ondersoek in te stel…

Die wonderlikste verrassing van almal is toe Hanli op ʼn yskoue wintersoggend genooi word om saam met kinders op die bevrore meer te ysskaats. Net toe sy dink dié dag kan nie meer betowerend word nie, kry sy die kans om voor die Ysprinses te dans – heeltemal op haar eie.

Hanli die hasie sal reguit in klein dogtertjies se harte in hop!

Oor die outeur en illustreerder

Mandy Stanley is ʼn bekroonde illustreerder, skrywer en ontwerper wat al meer as 200 boeke vir kinders gepubliseer het.

Uitgewer: Protea Boekhuis
Prys: R195,00*
*Prys onderhewig aan verandering
Koop die boek by Graffiti Boeke

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.