Boek: ‘Hondman 3: Katkenades’

Dav Pilkey 

Die superspeurder kom weer teen sy groot vyand, Ramkat, te staan wat die lewe vir die polisie moeilik maak. Ramkat ontsnap uit die tronk en breek by ʼn laboratorium in. Hy steel ʼn masjien en maak ʼn miniatuurkloon van homself, Kleinkat. Intussen ontvries ʼn professor ʼn psigokentiese vis om sy brein te bestudeer, maar Hondman breek per ongeluk al die grate in sy lyf. Die professor opereer die vis en maak ʼn supervis.

Hondman 3: Katkenades is die Afrikaanse weergawe van Dav Pilkey se Dog Man: A Tale of Two Kitties. Dit is deur Kobus Geldenhuys na Afrikaans vertaal en dié boek word deur Human & Rousseau, ʼn druknaam van NB-Uitgewers, uitgegee.

Oor die skrywer

David Murray “Dav” Pilkey jr. is ʼn Amerikaanse spotprenttekenaar, skrywer en illustreerder van kinderliteratuur. Pilkey is bekend as die skrywer en illustreerder van die kinderboekreeks Captain Underpants en die strokiesprentboekreeks Dog Man. Pilkey en sy vrou woon sedert 2017 op Bainbridge-eiland, Washington.

Oor die vertaler

Geldenhuys is bekend vir sy kinderboek­vertalings van outeurs soos JK Rowling en Roald Dahl. In 2015 het hy die Elsabé Steenbergprys vir vertaalde kinder- en jeugliteratuur in Afrikaans ontvang vir Cowell se Hoe om jou draak te tem: Hoe om Drakonees te praat, en in 2018 vir MG Leonard se Kewerknaap. In 2016 is hy met die Alba Bouwerprys vir kinder- en jeugliteratuur bekroon vir sy vertaling van Michael Morpurgo se Hoekom die walvisse gekom het. Hy het by geleentheid ook Artes- en Safta-toekenning ontvang, en is verskeie kere benoem vir sy gesinchroniseerde vertalings van TV-reekse en animasieflieks vir die destydse SAUK-oorklankingsafdeling. Wanneer hy nie vertaal nie, skryf hy televisietekste vir Suid-Afrikaanse sepies en dramas soos Villa Rosa, Swartwater, Binnelanders en Suidooster.

Uitgewer: NB-Uitgewers
Prys: R225,00*

*Prys onderworpe aan verandering
Koop die boek by Graffiti Boeke  

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.