Boek: Lea lief honde: Hik, Hik, Hoera!

Lea se ma is ’n veearts en haar pa is ’n diereregte-aktivis en joernalis. Om diere te red, is in haar bloed.

Lea en haar maats, Nikita en Hazel, is kliphard besig om gereed te maak vir die skool se groot honderatsheid-kompetisie. Daar is net een probleem: Hik, die hondjie wat Lea gered het, wil net nie die toertjies leer nie! Wat meer is: Lea se ma het gesê as Hik nie maniere leer nie, dan moet hulle hom opgee om aangeneem te word …

Om dinge erger te maak, vind Lea-hulle uit dat daar ’n hondemeule is wat honde in aaklige omstandighede teel net vir wins.

Sy en haar maats moet iets doen om die diere te red voor dit te laat is.

Genre: Kinderfiksie
Ouderdom: 9 en ouer
Uitgewer: Lapa Uitgewers
Prys: R135,00*

*Prys onderworpe aan verandering
Koop die boek by Lapa Uitgewers

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.