Boek: ‘My groot Lofkleuterbybel 2’ – Jan de Wet

Lees, luister en geniet die Bybelverhale, liedjies en illustrasies saam met jou kleuter. ʼn QR-kode word ingesluit wat lesers gratis toegang tot Jan de Wet se liedjieopnames bied.

Kleuters kan na die liedjies luister terwyl hulle na die illustrasies kyk en die stories lees. Terwyl elke Bybelverhaal met groot sorg getrou aan die Skrif oorvertel word, is die taalvlak en -vermoë en die ontwikkeling van ʼn gesonde Godsbegrip by die

kleuter in ag geneem by die skep van My groot Lofkleuterbybel 2. Deurgaans word Bybelse waardes deur die teks en illustrasies beklemtoon. Gebruik die illustrasies om gesprekke met jou kleuter te stimuleer.

Ná die Bybelverhaal is daar ʼn gebed wat jy saam met jou kleuter kan bid. Kyk ook uit vir die dierevriende wat die Bybelverhaal-reis saam met die kleuter aflê. Die diere help kleuters om te onthou wat die hoofboodskap of -waarde van die verhaal is.

Oor die skrywer

Jan de Wet is veral bekend vir sy betrokkenheid by die kinderproduksies Lofkleuters en Loflaaities. Hieruit het My groot Lofkleuterbybel voortgekom. Hy het ook talle geestelike boeke vir volwassenes geskryf.

Prys: R280,00*
*Prys onderworpe aan verandering
Koop die boek by Graffiti Boeke

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Johann ·

Lof, Woord stories en gebed – waar gaan jy beter kry om ‘n kind se aandag vas te vang, sy kreatiewe denke te laat blom en hom ewigheids waarde te leer!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.