Boek: ‘Na ’n plaas in Afrika’ – Irma Joubert

Irma Joubert

In 1939 bars die oorlogbom in Europa. Drie miljoen kinders word uit Londen na veiliger gebiede verwyder. Een van hulle is die sesjarige Charles Smith, op pad na ’n onbekende tante van sy pa in ’n dorpie in Skotland. By aunty Grace wag ’n nuwe lewe op hom.

Aan die ander kant van Europa ruk die Duitse Sesde Leër op teen Rusland. Tussen die manskappe is die vurige majoor Oswald von Stein, Hildegard se stiefseun. Voor hulle wag die Russiese winter, Stalingrad en die krygsgevangenekampe van Siberië. Altesaam 90 000 word gevange geneem, net 6 000 oorleef.

Charles en Oswald beleef teenoorgestelde kante van die oorlog. Albei bevind hulle egter op pad na ’n plaas in Afrika.

Prys: R350,00*
*Prys onderworpe aan verandering
Koop die boek by Lapa Uitgewers

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.