Boek: ‘Nêrens Noord-Kaap’ nou ook op die boekrak

Nico Scheepers

Prys: R190,00*
*Prys onderworpe aan verandering
Koop die e-boek by Graffiti Boeke

Nêrens is ʼn plaas in die Noord-Kaap waar drie broers saam grootgeword het. Hul lewe word onherroeplik verander deur die dood van hul ma op ʼn jong ouderdom in tragiese omstandighede. Die drie het mekaar jare laas gesien. Nou moet hulle terugkeer plaas toe vir ʼn verjaarsdagbraai vir hul pa wat 60 word – op soek na die broederskap wat hulle verloor het.

Oor die skrywer

Nico Scheepers het in 2014 sy debuut as skrywer en regisseur gemaak met die produksie Wentel by die KKNK. Hy volg met Amper, Vrystaat (Beste Debuut, Vrystaat Kunstefees/Beste Produksie, Aardklop), Hemelruim en Rooivalk wat drie kykNET-Fiëstas wen (Beste Solovertoning, Beste Nuutgeskepte Teks, Beste Aanbieding), asook die ATKV-Woordveertjie vir Dramateks. In 2017 skryf en behartig hy die regie van Nerêns, Noord-Kaap, wat by die Vrystaat Kunstefees bekroon word as Beste Nasionale Debuut, en later die kykNET-Fiësta vir Ensemblewerk verower.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.