Boek: Nuwe Elsa Winckler-omnibus nou beskikbaar

Elsa Winckler

Drie van Elsa Winckler se gewildste liefdesverhale wat voorheen afsonderlik verskyn het, is nou in ’n omnibus uitgegee. Die verhale Om Amelie se tafel, Liefde in laslap en Liefde deur ’n lens gaan oor drie weeskinders. Amelie, Natalie en haar broer Francois, se pad om ware liefde te vind word in die verhale vertel.

Oor die skrywer

Elsa Winckler, ʼn heeltydse skrywer, se eerste liefdesverhaal, Tussen jazz en rock, het in 2008 rooirose en Lapa Uitgewers se liefdesverhaalkompetisie gewen. Sy het ook ʼn ATKV-Woordveertjie vir dié boek ontvang. Daarna het sy dié prys ook ontvang vir Te eenders, te anders (2014), Liefde in laslap (2016) en Blameer die skoenlapper (2019). Sy woon in Bettiesbaai.

Prys: R295,00*
*Prys onderworpe aan verandering
Koop die boek by Graffiti Boeke

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.