Boek: Piet Smit se ‘Rigtingwysers vir jou lewenspad’

Piet Smit 

God weet wat ons wil hê nog voordat ons daarvoor vra. Hy weet ook hoe elkeen van ons se lewenspad lyk nog voordat ons die pad gestap het.

Piet Smit se jongste boek, Rigtingwysers vir jou lewenspad, is ʼn padkaart met wyshede vir wanneer jy rigting verloor of wanneer die uitdagings sonder waarskuwing opduik. Die dagstukke bring moed in tye van swaarkry sodat jy sonder sukkel die struikelblokke kan oorkom.

Smit het 150 oordenkings geskryf om jou te help koershou deur die lewe se storm- en sonskyndae. Rigtingwysers vir jou lewenspad is ʼn kompas vir daardie oomblikke wanneer die wind jou skip in die verkeerde rigting wil stuur. Die bekroonde liedjieskrywer en sanger deel sy eie geestelike neerlae en oorwinnings met die leser. Hy put sy inspirasie uit sy eie ervaringe en dit gee die dagstukke ʼn baie persoonlike aanslag.

Uitgewer: Luca, ʼn druknaam van Lapa Uitgewers
Prys: R300,00*

*Prys onderworpe aan verandering
Koop die boeke by Graffiti Boeke  

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.