Boek: ‘Skepsel’ – Willem Anker

Willem Anker

Aan die Kaapse Weskus versorg Rebecca Maas haar sterwende pa in ’n tegnologies gevorderde slimhuis, ’n huis wat in ’n halfbekende stem praat. Op die horison, ’n olietenkskip. ’n “Posthuman biohacker” trou met die enorme skip, en maak kuns oor die wittebroodsreis. En in die yswildernis van Svalbard verdwyn ’n navorser se minnaar spoorloos. Hulle is daar om geheimsinnige spierwit items te ondersoek – dalk beendere, maar dan beendere wat vertak en ineensmelt soos geen bekende skepsel s’n nie.

Oor die skrywer

Willem Anker is op 1979 in Citrusdal gebore. Hy het in 1996 op Wellington in die Boland, Wes-Kaap, sy matriekjaar by Hugenote Hoërskool voltooi. Anker gee klas in kreatiewe skryfkunde aan die Universiteit Stellenbosch waar hy in 2007 sy doktorsgraad in letterkunde behaal het.

Anker se teks vir die ruimtelike teaterstuk Skroothonde het in 2004 die Aartvark-prys vir innoverende werk op Aardklop gewen. Hy het veral bekendheid verwerf met bekroonde en opspraakwekkende teatertekste soos Slaghuis, Skrapnel, Sielsiek, Smag (vertaling) en Samsa-masjien. Anker se debuutroman Siegfried het in 2007 by Kwela verskyn en is met die UJ-debuutprys, sowel as die Jan Rabie-rapportprys bekroon. Sy roman Buys (Kwela, 2014) is met die WA Hofmeyr-, kykNET-Rapport boekprys, asook die Helgaard Steyn- en Hertzogprys bekroon.

Prys: R320,00*
*Prys onderworpe aan verandering
Koop die boek by NB-Uitgewers

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.