Meer as 6 000 nuwe gevalle is aangemeld.
Lees meerAlles vir Woensdag 9 Desember 2020
TIMSS 2019-resultate toon noodsaak van moedertaalonderrig
“Veral in vakke soos wetenskap en wiskunde, waar leerders abstrakte begrippe moet bemeester, is dit noodsaaklik dat hulle vir so lank as moontlik in hulle moedertaal studeer om werklik te bemeester wat hulle leer.”
Tweede kans vir skilpad ná amputasie
ʼn Jong groenskilpad het vandeesweek ʼn suksesvolle amputasie ondergaan ná sy gestrand en toegewikkel in plastiek op ʼn strand in die noorde van KwaZulu-Natal gevind is.
Getal besoekers by Kaapstad-piekniekplekke beperk
Stad Kaapstad sal van Saterdag die getal besoekers by piekniekplekke en braaigebiede in sy natuurreservate vir die feesgety begin beperk.
Covid-19: Oos-Kaap het nou meeste sterftes
Die Oos-Kaap het Gauteng verbygesteek as die provinsie met die meeste sterftes wat aan Covid-19 toegeskryf kan word.
N1 gesluit toe voertuie ná ongeluk begin brand
Twee persone het in die brand omgekom.
Talle tussenverkiesings landswyd gehou
Altesaam 24 tussenverkiesings vind Woensdag plaas, met sterk aanduidings van hoe die politieke wind waai wat van oral in die land verwag word.
ToekomsVenster: Help om pyn in vreugde te verander
Wat het die Here aan jou toevertrou waarmee jy iemand anders se swaarkry kan verlig?
VW se nuwe sportnutsbuksie gaan nog baie vriende maak
Die T-Roc is die jongste toevoeging tot Volkswagen se T-reeks van sportnutsvoertuie.
SAL se tussentydse raad aangekondig
Geoffrey Qhena, voormalige uitvoerende hoof van die Nywerheidsontwikkelingskorporasie, sal as raadsvoorsitter dien.
Frankryk rou ná vyf in reddingshelikopter sterf
Ondersoekers het reeds begin met ʼn omvattende ondersoek om die oorsaak van die ongeluk te bepaal.
Luister: Griekwagebed – Hokdans
Kom luister saam na “Hokdans”, ʼn Griekwagebed uit “Boegoe vannie liefde”. Dit is deur Hans du Plessis geskryf en word deur Veronica Geldenhuys voorgelees.
Onderwys in Gesprek: Koester vroeg ’n omgee-hart
Monya van Zyl (14), ʼn gr. 8-leerder aan die Hoërskool Menlopark in Pretoria, het ook haar storie van omgee in die jongste aflewering van Onderwys in Gesprek gedeel.
Drukgroep eis optrede teen Malema
Action Society sê net minder as die helfte van die polisiediens bestaan uit vroue en dat Julius Malema se opmerkings nie geduld kan word nie.
Covid-19 kon Afrikaanse debatskompetisie nié sink
“’n Nuwe plan is bedink en dis wonderlik dat Dink of Sink hierdie jaar steeds kon voortgaan en nie gesink het nie. Ons is baie bly oor al die inskrywings.”
Boekresensie: Amper Frans
Louis skryf onderhoudend in ’n heel gemaklike geselstrant wat die leser nie net oorrompel nie maar ook die Franse platteland op ’n besonderse wyse deur sy oë (en ander sintuie) laat ervaar.
Inwoners eis dat Engen-raffinadery in Durban sluit
Inwoners wat rondom die raffinadery woon sê Vrydag se ontploffing was die laaste strooi vir die verouderende aanleg.
Tronkstraf vir voormalige polisiehoë wat intelligensiefonds plunder
Solomon Lazarus was betrokke by die plunder van ʼn geheime fonds van die polisie.
Vryspraak: Hoe ’n volk hom aan sy eie skoenrieme optrek
‘n Entoesiastiese geskiedenisonderwyser wat die armblankevraagstuk van die 1930’s met ons behandel het, het die beeld van ‘n ou wat in die moeras wegsink, maar hom aan sy eie skoenveters optrek, in my kop geplant.
Kerk op Coligny in puin gelê
Twee jong seuns het Dinsdagaand rook uit die kerkgebou sien trek en alarm gemaak.