Tronkstraf vir voormalige polisiehoë wat intelligensiefonds plunder

Solomon Lazarus Woensdag in die hof. (Foto: Verskaf)

Solomon Lazarus, ʼn voormalige finansiële hoof van die polisie se misdaadintelligensie-eenheid, is Woensdag in die Pretoriase streekhof tot tien jaar tronkstraf gevonnis vir sy betrokkenheid by die plundering van ʼn geheime misdaadintelligensiefonds van die polisie.

Sindisiwe Twala, ʼn woordvoerder van die ondersoekdirektoraat van die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG), sê Lazarus is skuldig bevind op aanklagte van korrupsie van meer as R200 000.

Lazarus was betrokke by die verkryging van voertuie vir die misdaadintelligensie-eenheid van Atlantis Motors, ʼn verskaffer vir Universal Technical Enterprises CC, ʼn frontmaatskappy van die intelligensie-eenheid. Tussen 2006 en 2011 het Lazarus egter in sy persoonlike hoedanigheid gebaat deur staatsgeld te gebruik om voertuie vir hom en sy kinders te koop.

Dié motors sluit in ’n Kia Picanto vir sy dogter, ’n Honda CBR vir sy seun, ʼn Honda ATV vir homself, asook ’n gedeeltelike betaling van sy eie Nissan Murano.

Die voordele het eindelik altesaam R237 939,65 beloop.

Landdros Adriaan Bekker het Woensdag gesê korrupsie onder lede van die polisie kan nie geduld word nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

14 Kommentare

domheks ·

Tronkstraf? Wie gaan die geld terug betaal? Die kinders of word alles nou verkoop? Gee asseblief meer inligting MM.

Persheks Adri ·

Knap gedaan! Uiteindelik iemand vas vir korrupsie al is dit nie so groot bedrag nie in vergelyking met die kaders wat plunder

Dup ·

Wanneer gaan ons regering erken dat Duisende van sy kader aanstellings kriminele en diewe is….?

JohanR ·

15/12/2025 – Solomon Lazarus, ʼn voormalige finansiële hoof van die polisie is vandag aangestel as die nuwe Suid Afikaanse ambassadeur na Italia.

Genis ·

Kom ons wag en sien, wat van die Generaals, of val net die klein outjies, wat nie korrekte ANC bande het nie?

twaalfboor ·

@Genis. Lazarus was ń Lieutenant Generaal, definitief nie ń klein outjie nie.

JohanR ·

twaalfboor…..jy hoef net op jou eie in die SA Weermag toilet toe kan gaan, dan maak hulle jou ‘n Lieutenant Generaal. Daar moet ‘n 1000 van hulle wees!

twaalfboor ·

JohanR… Ek stem saam met jou, dis te sê as jou vel die regte kleur is. Eks 35jr in die polisie en het my opgewerk tot waar ek is. Punt is dat Lazarus nie ń klein outjie is wat sy rang betref nie, en dis waaroor die opmerking gegaan het. Nie of hy sy bevordering agter ń toilet deur gekry het nie.

Kokerboom ·

Gaan die korrupte SAPD lid nog aanhou sy pensioen/voordele ontvang?

Tanniepetoors ·

Lazarus is in 2014 ontslaan (dismissed) uit die SAPD. Hy ontvang dus nie n maandelikse pensioen of enige voordele nie. Indien ‘n persoon ontslaan word uit die staatsdiens is hy/sy net geregtig op ‘n eenmalige enkelbedrag pensioenvoordeel wat, sovêr my kennis strek, bereken word volgens die bydraes gemaak plus rente.

twaalfboor ·

As jy onteervol ontslaan is, soos in hierdie geval, verloor jy jou pensioen.

Yvonne ·

Hierdie is die klein vissies,,,niks gebeur met die groot menere nie

Nico ·

Neem die motors terug en verkoop dit om die geld terug te kry, tronkstraf alleen sal nie die geld wat vermors terug bring nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.