Inwoners eis dat Engen-raffinadery in Durban sluit

Desmond D’sa, koördineerder van die South Durban Community Environmental Alliance (SDCEA) (Foto: Motshwari Mofokeng, ANA)

“Dit is tyd om die aanleg toe te maak.”

Só het woedende inwoners Woensdag buite die Engen-raffinadery in die suide van Durban geskreeu as deel van ’n protesaksie waar hulle eis dat die aanleg gesluit moet word.

Die betoging volg na ’n reuse-ontploffing Vrydagoggend by dié 66-jaar oue raffinadery in Taraweg in Wentworth. Die ontploffing het net na 07:00 plaasgevind en kon glo tot 25 km ver gevoel word. Die brand wat deur die ontploffing veroorsaak is, is omstreeks 08:45 in bedwang gebring.

Die ontploffing het verskeie huise in die Wentworth-omgewing vernietig en talle gesinne dakloos gelaat. Dit is boonop die derde gevaarlike voorval by die aanleg in minder as 13 jaar.

Die aanleg is in 2008 vir vier maande gesluit ná ʼn soortgelyke ontploffing. ʼn Brand het ook die vorige jaar uitgebreek toe weerlig ʼn brandstoftenk getref het. Die raffinadery het ná daardie voorval steeds operasioneel gebly.

Inwoners wat rondom die raffinadery woon, sê nou Vrydag se ontploffing was die laaste strooi en die aanleg moet sy deure sluit. Desmond D’sa, koördineerder van die South Durban Community Environmental Alliance (SDCEA), het vroeër gesê hulle wil strafregtelike klagte teen Engen aanhangig maak omdat die maatskappy glo “kortpaaie vat”.

(Foto: Twitter)

“Dit het opgeblaas omdat die raffinadery giftig is en hulle dit nie in stand hou nie,” het D’Sa gesê.

Vroeg in Oktober het Engen ʼn plan ingestel om die raffinadery in ʼn brandstofbergingsfasiliteit te omskep. Dié stap het gekom omdat die behoefte aan raffinadery ʼn knou gekry het, veral weens die uitbreking van Covid-19.

Gavin Smith, woordvoerder van Engen, het Maandag in ’n verklaring sy opregte waardering uitspreek teenoor die nooddienste se pogings om die brand so gou moontlik te blus.

Engen het nog nie die oorsaak van die ontploffing bekendgemaak nie.

“Al die prosesseringseenhede by die raffinadery is gesluit hangende die ondersoek na die oorsaak van die ontploffing,” het Smith gesê.

Geen sterftes is aangemeld nie.

Kiara Wilson, ʼn jong meisie wat in die Wentworth-omgewing woon, het ernstige brandwonde aan haar kop en hande opgedoen.

Kiara se pa, Byron Wilson, het in ʼn onderhoud met die Durbanse komediant Carvin H Goldstone gesê die vlamme is deur die dak van die vertrek waar sy dogter geslaap het. Hy sê Kiara het gelê en slaap toe iets op haar bed beland het. Sy het wakker geword met vlamme oral om haar.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

Mrs H ·

Dalk tyd om ‘skilled empowerment’ te beoeffen. Maak die plek toe, dan tjank julle weer oor werks geleenthede en kripering.

Chris dupreez ·

Huh, verstaan ek reg. Wat van die mense wat sonder werk gaan sit. As die aanleg sluit dan gaan julle weer daaroor ook op en af spring,

Misky ·

Stem saam Renier en Chris en as Engen toemaak, dan moan hulle weer oor werkloosheid en wat dan? En Engen is al daar vir 66jaar. Hoekom bly hulle so naby en stad moet nie in sekere km raduis toelaat nie.

Hennie J ·

Waningelig en oorstroom met wanvoorstellings. Wonder wie was eerste daar…….die aanleg of die lee blikke? Eintlik soek hulle net geld of vergoeding soos dit elke kommunistiese siening betaam.

Veronika ·

En ja dan toi toi dit weer oor al die werk wat verloor is en die vakbonde dreig en dan steek hul net weer iets anders aan die brand, dis ‘n ewige ge-om en om en om! Niks sal ooit reg wees nie! Sal altyd iets soek om oor moeilikheid te maak want hul kan nie rus as daar nie konfrontasie is nie!!

Keelvol ·

En wie het vir jou geleer om so naby n raffienadery huise te bou en te bly?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.