Kerk op Coligny in puin gelê

Die Nederduitsch Hervormde Kerk op Coligny in ligte laaie. (Foto: Facebook)

Die Nederduitsch Hervormde Kerk op Coligny in Noordwes is Dinsdagaand in ’n brand verwoes.

’n Brand het omstreeks 22:00 in die kerkgebou uitgebreek waarna twee jong seuns rook uit die gebou sien trek het. Die seuns het alarm gemaak en die gemeenskap het ingespring om die vlamme geblus te kry. Die brand het egter baie vinnig versprei en die kerkgebou is reg voor hul oë in puin gelê.

“Hy het tot op die grond gebrand,” vertel ’n leraar aan die kerk wat verkies het dat sy naam nie bekend gemaak word nie.

Die kerkgebou dateer van 1954.

Die leraar beskryf die brand as ’n geweldige groot slag vir die relatiewe klein gemeente van 66 lidmate. “Ons het Sondag ons Kerssangdiens in die gebou aangebied, min wetend dat dit ons laaste Kerssangdiens in die struktuur sou wees.

“Ons is dankbaar dat ons wel versekering het.”

Die oorsaak van die brand is nie in dié stadium bekend nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Rudolf ·

Vergelding vir die (heeltemal korrekte) vryspraak van die Coligny twee ?

Anel ·

Vat jy die woorde so uit my mond. Dit is wat ek eerste aan gedink het. Brandstigting.

Blomme ·

Tragies dat ons geboue van daardie era so vinnig vernietig word.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.