Die polisie het die verdagtes van Kempton Park tot in Benoni agternagesit waar twee verdagtes doodgeskiet en ʼn derde gewond is.
Alles vir Woensdag 9 Desember 2020
Help om die kerk in Bangladesj te versterk
Geopende Deure se visie is dat elke vervolgde kind soos Bijli beskerm en versorg moet word. Elke vervolgde kind moet grootword met die wete dat hulle geliefd is.
#JongStemme: Onthou Soweto ’76 en los my moedertaal uit!
Geagte departement van basiese onderwys, mnr. Lesufi, Cosas en ander rolspelers – kom ons onthou Soweto ’76 en gee my medeskoliere kans om hul opvoeding in hul moedertaal te kan ontvang, skryf Jandré du Plessis is ’n matriekleerder aan die Hoërskool Diamantveld in Kimberley.
Podlitiek: ʼn (Mal) jaar in oorsig
In die week se episode gee die Podlitiek-span ʼn oorsig van die jaar en die koronavirus, pres. Cyril Ramaphosa se prestasie en dan kom die Amerikaanse verkiesing onder meer ook onder die loep.
Hamilton het sy oog op Abu Dhabi
“Dit was een van die taaiste weke nóg,” sê Britse renjaer nadat hy positief vir Covid-19 getoets het.
Botswana-saak: Departement staan aansoek nié teen
Minister Ronald Lamola word nou daarvan beskuldig dat hy daarop fokus om diegene met politieke verbintenisse te beskerm, eerder as om sy departement reg te ruk.
Nuuskommentaar: ANC is intern verdeeld, probeer ekstern verenig bly
Die ANC se pas afgelope vergadering van sy Nasionale Uitvoerende Komitee (NUK) het boekdele gespreek van die stand van sake in die party.
Luister: Jack Stone ontdek sy Afrikaanse wortels
“Ek was ʼn bietjie senuweeagtig om in Afrikaans te skryf, want dit is nie net die taal waarin ek skryf wat verander nie – Afrikaans is ʼn hele kultuur op sy eie.”
Al sterker tekens van nuwe Russiese belang in SA kernkrag
Aanduidings is aan die toeneem dat Russiese spelers in die internasionale kernkragbedryf opnuut gereed staan om hul tentakels in Suid-Afrika in te slaan.
Geloftedag 2020: Hier is jou naaste Geloftefees
Talle Afrikaners sal weer vanjaar Geloftedag op 16 Desember herdenk. Hier is jou naaste Geloftefees:
Prokureur wat kliënte uit miljoene bedrieg moet opdok
Die kliënte het geld aan die prokureur betaal om eiendomme namens hulle te koop, maar hy het die geld misbruik.
Pa, dogter bedrieg inkomstediens glo uit byna R1 m
Die pa en dogter sal na verwagting volgende week saam in die landdroshof in Nelspruit verskyn.
$1 miljoen-teiken vir paar tekkies
In plaas daarvan om die tekkies te dra word dit eintlik as kunsvoorwerp gereken.
Een van SA se beste restaurante sluit sy deure
Die restaurant se sjef is ook al as die beste vrouesjef ter wêreld aangewys.
Bokke pronk bo-aan lys ondanks droë jaar
Die Springbokke sluit 2020 af as die voorste rugbyspan ter wêreld.
Indië-siekte: Swaarmetale in pasiënte se bloed gevind
Staatsowerhede het ’n ondersoek gelas na die bron van die metale en dat die verspreiding daarvan onder die loep geneem moet word.
Nóg ’n skok vir die kerk
Het die NG Kerk nou by ʼn spreekwoordelike rubikon gekom? vra prof. Johan Janse van Rensburg na aanleiding van ʼn bekende teoloog se boek waarin hy openbaar dat hy nie meer in God of die hemel glo nie.
‘Lift’ vlieg Donderdag eerste keer
Bemanningslede word uitgedos in klere van Superbalist, terwyl Vida e Caffè die versnaperinge aan boord sal verskaf.
Nóg ’n rekord vir Federer
Federer het te midde van die deurmekaar Covid-19-sportjaar ’n blaaskans geneem om van sy knie-operasie te herstel.
Zuma-stigting vaar uit na nóg ʼn vertraging in verhoor
“Die NVG het herhaaldelik vir die howe en die publiek gelieg oor sy gereedheid om met die verhoor voort te gaan.”