Podlitiek: ʼn (Mal) jaar in oorsig

Opgestel deur die Podlitiek-span

Die nuwe koronavirus Covid-19. (Grafika: CDC/Alissa Eckert, MS; Dan Higgins, MAM via Wikimedia Commons)

Vir die Podlitiek-span was dit ʼn voorreg om hierdie jaar, ondanks groot uitdagings, aan Maroela Media lesers ʼn weeklikse politieke podsending in kraakvars Afrikaans aan te bied. Met hierdie episode kom Podlitiek se derde jaar van hierdie program tot ʼn einde. Ernst van Zyl en Paul Maritz is agter die mikrofoon en hulle bespreek die jaar wat was, en wat ʼn jaar was dit!

Die eerste storie wat hulle oorweeg was sekerlik die grootste storie van die jaar, en van die afgelope dekade – die vervlakste virus wat ons hele lewe en ons ganse jaar uitmekaargeruk het, en ons laat besin het oor wie ons is, en wat die lewe is. Hierdie drastiese opmerking klop ook met die gesprek wat tussen Ernst en Paul afspeel. Die regering se beleid en reaksie, die radikale inperking en die verwoestende effek op die ekonomie word bespreek.

ʼn Tweede besprekingspunt is ʼn oorweging van Cyril Ramaphosa se prestasie as president en as leier van die ANC. Die twee punte is natuurlik nie eenders nie, met Ramaphosa se posisie in die ANC wat volgens heelparty sterker is as ʼn jaar gelede, terwyl sy houvas op die land moontlik as gevolg van heelparty outoritêre beleide verswak het. Die paneel oorweeg die saak vir ʼn rukkie.

ʼn Derde, en laaste saak wat die jaar bespreek word deur die Podlitiek-paneel, is die Amerikaanse verkiesing. Waar staan ons, meer as ʼn maand na die verkiesing, en waar staan die wêreld se grootste land in terme van sy eie binnewerking, en hoe lyk die toekoms vir hierdie land?

  • Die Podlitiek-span bestaan uit Hermann Pretorius (IRV), Ernst van Zyl (AfriForum), Paul Maritz (Solidariteit) en Daniël Eloff (Hurter Spies Ing.).

 

Hierdie plasing is deur ’n onafhanklike persoon of onderneming saamgestel. Die menings en standpunte wat in hierdie skrywe uitgespreek word, is nie noodwendig die beleid of standpunt van Maroela Media se redakteurs, direksie of aandeelhouers nie. –Red

Deel van: Meningsvormers, Podsendings

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.