Jürgen Banscherus
Bloot ’n roetine-ondersoek, dink Kwaaikofski wanneer Olga hom vra om ’n nuwe saak te ondersoek. Elke oggend verdwyn daar koerante voor haar kiosk. Dit lyk eers nie na ’n uitdaging om die dief vas te trek nie, maar voordat Kwaaikofski weet wat hom tref, beland hy in ’n baie gevaarlike situasie. Alleen en verdwaal in ’n doolhof van donker tonnels, kry die speurder uiteindelik snuf in die neus.
Ideaal vir lesers tussen 6 en 10 jaar oud
Oor die outeur:
Jürgen Banscherus is gebore in 1949 en het gewerk as ’n joernalis, ’n uitgewer en ’n onderwyser, voordat hy homself as vryskutskrywer gevestig het in 1989. Intussen het hy bekend geword as een van Duitsland se mees geliefde skrywers vir kinders en jongmense. Sy boeke is al met vele toekennings bekroon en is reeds in meer as 12 tale vertaal.
Uitgewer: Human & Rousseau
Prys: R89-95*
*Prys onderhewig aan verandering