Boek: Ter wille van jou

Magdaleen Walters

Christoff de Lange is ’n lid van die polisie se taakmageenheid. Hy word valslik van dwelmhandel aangekla en kry drie jaar tronkstraf. Hy bestee elke sent wat hy het op regshulp om sy onskuld te probeer bewys, maar as hy uiteindelik ’n kwytskelding kry, is hy steeds nie nader aan die waarheid as die dag waarop hy gearresteer is nie. Hy is sinies, bitter en werkloos.

Met die hulp van oom Bertie, ’n afgetrede sersant en sy vriend, vind hy ’n werk en ’n plek om te woon in Stoffel Myburgh se houtwerkfabriek op ’n kleinhoewe buite Johannesburg.

Juanita, Stoffel se dogter wat ook by die fabriek werk, is minder entoesiasties oor haar pa se besluit. Daar is absoluut geen plek in haar lewe vir ’n tronkvoël nie. Buitendien dra sy swaar aan haar eie bagasie.

Oor die skrywer

Magdaleen Walters is in ’n kasarm van ’n plaashuis in die goeie ou Vrystaat naby Senekal op mieliepap en stories grootgemaak. Sy het haar studentejare op die kampus van die destydse Universiteit van die Oranje-Vrystaat deurgebring en later deur Unisa verder studeer. Sy woon saam met haar man in ’n huis langs ’n rivier naby Bronkhorstspruit waar sy haar dae vul met stories, naaldwerk, kosmaak en tuinmaak.

Genre: Liefdesroman
Uitgewer: Lapa Uitgewers
Prys: R250,00*

*Prys onderworpe aan verandering
Koop die boek by Lapa Uitgewers

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.