Boek: ‘Tweegevreet’ – Zirk van den Berg

Zirk van den Berg

In Julie 1905 kry Siegfried Bock van die Kaiserliche Landespolizei te kampe met ’n plaaslike boer se grudood, spoke uit sy verlede en ’n Berlynse besoeker wat ’n dodelike wrok koester. Hy worstel met Duits-Suidwes-Afrika se onstuimige politiek en ongenaakbare natuur. As hy geregtigheid wil laat seëvier, moet hy dít, asook strominge in sy eie gemoed, te bowe kom.

Oor die skrywer

Zirk van den Berg is in Namibië gebore, het grootgeword in Suid-Afrika, en woon deesdae in Nieu-Seeland. Hy publiseer ‘n kortverhaalbundel, Ekstra dun vir meer gevoel, in 1989, en daarna ʼn kort historiese roman, Wydsbeen, wat die Rapport- en CNA-debuutprys gewen het.

Nobody Dies is in 2004 deur Random House Nieu-Seeland uitgegee. Van den Berg het die boek in Afrikaans vertaal en dit is uitgegee met die titel Ander Mens. Dit is in 2014 met die eerste KykNet/Rapportprys vir rolprente bekroon. Sy novelle Ek wens, Ek wens, wat in 2019 uitgegee is, is vanjaar met die WA Hofmeyrprys bekroon.

Tweegevreet is die opvolg van Van den Bergh se historiese roman Die vertes in, wat in 2018 verskyn het en kort daarna ook in Engels vertaal (Parts Unknown) is.

Prys: R290,00*
*Prys onderworpe aan verandering
Koop die boek by NB-Uitgewers

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.