Boek: Uit die Beek 2019

 Uit-die-Beek-2019_C-COVER.jpgBarend Vos

Die jongste Bybelse dagboek in die klassieke Uit die Beek­-reeks deur die bekroonde skrywer Barend Vos het pas verskyn. Die tekskeuse vir elke dag is op die Revised Common Lectionary geskoei. Dit maak hierdie geliefde Bybelse dagboek soos altyd geskik vir persoonlike stiltetyd, vir huisgodsdiens en vir Bybelstudiegroepe. Mag hierdie jaar vir jou ’n besondere tyd van geestelike groei wees, sodat jy die Here sal leer ken soos Hy werklik is.

Oor die outeur:

Dr. Barend Vos is ’n bekende Christen-skrywer en predikant. Hy is al bekroon met ’n ATKV-Veertjie vir een van sy LiG-stories en het al verskeie boeke uitgegee, van dagstukkies tot fiksie en romans met die Bybelse gegewe as agtergrond. Hy het in 2001 die CBSA-prys vir fiksie gewen met Eksodus en in 2016 die Andrew Murray-prys vir Ewigheid in my hart.

Uitgewer: Lux Verbi
Prys: R185,00*
*Prys onderhewig aan verandering

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.