Boek: ‘Uitverkies’ – Noreen Nolte

Noreen Nolte 

Zia is nou net mooi moeg vir haar ouers se selfopgelegde isolasie en die primitiewe lewe in die bos. Sy verlang terug na die Kolonie waaruit haar ouers gevlug het toe sy klein was; sy verlang na ʼn geboude woonstel, luukshede soos warm water en elektrisiteit, klere wat pas en winkelbrood; die gedruis van mense, ánder mense as dieselfde 13 gesigte waarin sy dagin en daguit vaskyk…

Dan word Zia se boetie beseer en hulle het medisyne nodig wat net in die Kolonie gevind kan word – agter die hoë, geëlektrifiseerde heinings. Dit is haar kans om terug te gaan en self die waarheid te gaan soek. Gaan die antwoorde wat sy kry wees wat sy wil hê… of wag daar ʼn ver, donkerder noodlot op haar?

Uitverkies, ʼn distopiese jeugroman uit die pen van Noreen Nolte, is in 2021 as naaswenner in Lapa Uitgewers se jeugromankompetisie aangewys.

Oor die skrywer

Nolte het in 1995 in Somerset-Wes gematrikuleer en in 2002 haar MSc-graad in voedselwetenskap aan die Universiteit van Stellenbosch voltooi. Sy het vir ʼn paar jaar in die voedselbedryf gewerk, van die Noord-Kaap tot in Gauteng. Haar jare lange liefde vir ballet het daartoe gelei dat sy as balletonderwyseres gekwalifiseer het. Sy woon in die Boland saam met haar gesin. Haar jeugromandebuut, Om te dans, het in 2017 by Lapa Uitgewers verskyn.

Uitgewer: Lapa Uitgewers
Prys: R190,00*

*Prys onderworpe aan verandering
Koop die boek by Graffiti Boeke

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.