Boek: ‘Vier gereformeerde kerke in Suid-Afrika (1990-2020)’

Vier gereformeerde kerke in Suid-Afrika (1990-2020) is ʼn omvattende en nuwe historiese beoordeling van kontemporêre Afrikaanssprekendes en hul kerke in Suid-Afrika.

Die vier hoofstroom Afrikaanse gereformeerde kerke in Suid-Afrika sluit in die Nederduitse Gereformeerde Kerk (NGK), Verenigende Gereformeerde Kerk in Suider-Afrika (VGKSA), Gereformeerde Kerke in Suid-Afrika (GKSA) en die Nederduitsch Hervormde Kerk van Afrika (NHKA). Tot dusver het hoofsaaklik individuele kerkgeskiedenisse van die kerke in bogenoemde groepering die lig gesien.

Vier gereformeerde kerke in Suid-Afrika (1990-2020) fokus egter nie op die hele geskiedenis sedert die voortye nie, maar meer bepaald op die periode sedert 1990. Die boek handel dus slegs oor die meer onlangse kerkgeskiedenis en daarnaas ʼn blik op die toekoms.

Wat hier aangebied word, is oorsigartikels wat ’n histories-teologiese interpretasie en kritiese analise van, asook refleksie oor ontwikkelinge binne hierdie kerke, bevat. Die bespreking vind plaas binne die betrokke tydsgewrig en te midde van die sosio-politieke en ekonomiese konteks van Suid-Afrika in hierdie oorgangsjare.

Die doel van hierdie publikasie is nie om ’n chronologiese verhaal van die verskillende gereformeerde of reformatoriese kerke in Suid-Afrika daar te stel nie, maar veel eerder ’n tematiese kerkhistoriese en histories teologiese perspektief te bied. Een van die groot waardes van die geskiedenis is nie net om te besef wat in die loop van die geskiedenis gebeur het nie, maar ook vir die kerke om op die weegskaal geplaas te word met betrekking tot die wese en eise van kerk wees.

Dit kan as standaardwerk en verwysingsbron, sowel plaaslik as internasionaal gebruik word. Dit kan ook deur verskillende kerke, dosente en studente vir verdere studie en navorsing aangewend kan word.

Die gasredakteurs van Vier gereformeerde kerke in Suid-Afrika (1990-2020) is Hoffie Hofmeyr, Mary-Anne Plaatjies-van Huffel en Rickus Fick. Die navorsingsprojek het drie jaar geduur en is deur die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns gefinansier. Dit bevat bydraes deur 12 akademici en lidmate van die kerke.

Prys: R150,00*
*Prys onderworpe aan verandering
Koop die boek by 
Christelike Lektuurfonds

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Stof ·

Historiese perspektief bring dikwels uitklaring vam dogmatiese ontwikkeling, wat andersins so subtiel ontwikkel dat dit as blite subteks deurgaan. Ek vertrou dat hierdie publikasie hierdie gaping ook aanvul, veral te midde van een hede waar mense meer openlik, vrae vra ten opsigte van die dogmatiese wat soms in lyn met die Woord, soms parrallel daarmee en soms daarteen beweeg.
Mag die outeurs guns ontvang op hulle werk.

Philip ·

Ek merk op dat die APK wat ook n gereformeerde Afrikaanse kerk is nie eers genoem word nie alhoewel dit duisende lidmate het landswyd.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.