Boek: ‘Vrolike Vaaltyn en sy verhale’ – Sandra Koch

Sandra Koch

Ontmoet in dié vermaaklike prenteboek die twee klein donkies Vaaltyn en Diktand. Vaaltyn is die slimste – hy dink soms self so. Maar wanneer hy skrik of iets hom ontstel, laat vat hy met sy ore plat getrek terwyl sy stert stokstyf staan en hy sy oë styf toeknyp. En so beland hy kort-kort KAPLAKS! in die rivier.

Ou Diktand kyk net gewoonlik na dié spulletjie en bly Vaaltyn se beste maat. Al kan hy soms baie lekker lag wanneer Vaaltyn in die verknorsing beland.

Maak ook in Vrolike Vaaltyn en sy verhale kennis met hul ander maats en lees van al hul manewales. Dit is ’n vrolike boekie vol prettige illustrasies vir voor- of selflees en behoort in ’n wye verskeidenheid lesers of luisteraars se smaak te val. Die verhaaltjies is oorspronklik deur ’n ma vir haar kinders uitgedink en vertel.

Vrolike Vaaltyn en sy verhale is deur Karen van der Merwe geïllustreer.

Prys: R120,00*
*Prys onderworpe aan verandering
Koop die boek by Graffiti Boeke

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Sandra ·

Ag dit klink na so ‘n oulike ou storie. Ek is mal oor donkies. Die illustrasies voor op sal al klaar my lus maak om dit net te lees al is ek al ‘n grootmens.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.