Boek: Weet hoe met wetenskap

Robert Winston

Verdiep jou in die opwindende wêreld van die wetenskap, tegnologie, ingenieurswese en wiskunde wat in 25 lekker maklike projekte gekombineer is.

Weet hoe met wetenskap sal jou leer hoe om indrukwekkende isoleerhandskoene, verstommende spaghettitorings en baie meer te vervaardig.

Eenvoudige stappe met foto’s lei jong lesers deur elke eksperiment. Elke projek bevat ook belangrike wenke en interessante feite oor die wetenskap, tegnologie, ingenieurswese en die wiskunde daaragter. Die teks vertel ook hoe die eksperimente in die werklike wêreld toegepas word.

Weet hoe met wetenskap is ’n puik boek en sal daardie vervelige oomblikke in die afsonderingstydperk help klop.

Genre: Niefiksie
Ouderdom: Nul tot nege jaar
Uitgewer: Lapa Uitgewers
Prys: R260,00*

*Prys onderworpe aan verandering
Koop die boek by Lapa Uitgewers

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.