Boek: Wetenskaap

Leon de Villiers

Wetenskaap bestaan uit ’n versameling speelse, onderstebo, wonderlike en snaakse vyte. Dit is ’n heerlike boek vol grappige idees oor dinge. Oud en jonk gaan glimlag vir hierdie heerlike nonsens.

’n Mens wat hou van vyte, word ’n wetenskaap genoem. Jong wetenskape hou gewoonlik vyte in botteltjies aan en bêre dit onder hulle beddens.

Wanneer ’n mens goeters uitmekaarhaal en dit weer aanmekaarsit, bly daar baie keer ietsies oor. Daardie oorbly-ietsies is vyte.

Het jy geweet dat idees die mis is van breinwurms nadat hulle mense se ongedinkte gedagtes geëet het?

Oor die skrywer

Leon de Villiers is een van die mees bekroonde skrywers van kinder- en jeugboeke in Afrikaans. Hy is onder meer met die Scheepersprys, Sanlamprys, MER-prys, ATKV-kinderboektoekenning, CP Hoogenhouttoekenning en die Alba Bouwerprys bekroon. Van die kinderboeke wat uit sy pen verskyn het, sluit in Droomoog Diepgrawer, Die Groot Koelte, Erik en die kido-dinges, Parmant, Maroelaboomstories en Aliens en engele. In 2015 is sy jeugroman Die Pro tot draaiboek verwerk.

Ouderdom: 11 en ouer
Prys: R135,00*

*Prys onderworpe aan verandering
Koop die boek by Lapa Uitgewers

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Louis ·

Oeps! Van wanneer af spel mens feite (vyte) in die eerste sin?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.