Boekvoorlesing: Olke bolke, Lulu

Lulu se grootste kompetisie nog!

Lulu droom daarvan om ʼn modeontwerper te word. Niks is vir haar lekkerder as om pragtige ontwerpe in haar tekenboek te skets nie.

Daar is ’n vreemde reuk in Lulu-hulle se huis – die reuk van babapoeier! Klein Wikussie is die oulikste baba op aarde, behalwe as hy verrassings in sy doek maak – en dit is groot pret om vir hom babakleertjies te ontwerp!

Maar Lulu het probleme by die skool. Greta, die nuwe meisie in hulle klas, lyk baie gaaf, maar agter Lulu se rug vertel sy allerhande nare dinge … Greta spog selfs dat sy beter as Lulu klere kan ontwerp.

Lulu besluit om die uitdaging te aanvaar. Sy en Greta gaan ’n modevertoning hou en kyk wie die mooiste babaklere kan ontwerp! Maar het Lulu dalk vir Greta onderskat …?

Die voorlesing word in samewerking met die skrywer en uitgewer moontlik gemaak. Neem kennis dat die voorlesing nie in ʼn klankateljee opgeneem is nie, maar deur die skrywer self.

  • Luister hierbo na ʼn voorlesing uit die boek Olke bolke, Lulu deur Fanie Viljoen.

Genre: Kinderfiksie
Ouderdom: Sewe en ouer
Uitgewer: Lapa Uitgewers
Prys: R155,00*

*Prys onderworpe aan verandering
Koop die boek en e-boek by Lapa Uitgewers

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.