Die Christen-ateïs

Craig Groeschel

“Ek het al hoe meer Christen-ateïste om my begin raaksien.”
Craig Groeschel, voormalige Christen-ateïs, ken hierdie
onderwerp alte goed. Ná tien suksesvolle jare in die bediening
moes hy die pynlike selferkenning maak: Hoewel hy in God
geglo het, het hy sy kerk gelei asof God nie bestaan nie.
Vir Christene én ongelowiges, dié in die kerk en dié
daarbuite, sal Groeschel se bekentenis en die reis wat daarna
volg baie soos hulle eie lewensverhaal klink. Christene en
Christen-ateïste sal uitgedaag word om hierdie een vraag vir
hulle af te vra en eerlik te beantwoord: Glo ek in God, maar
lewe ek nog steeds of alles van mý afhang?
Die Christen-ateïs is ’n eerlike, kragtige boek wat kyk na
hoe mense in God glo, maar lewe asof Hy nie bestaan nie.
Craig Groeschel is eerlik oor sy eie swakheid en sy verhaal
sal elke leser lei na ’n dieper Christus-gevulde lewe. Ontdek ’n
kragtige, intieme verhouding met God – jy sal nooit weer
dieselfde wees nie.

Oor die outeur
Craig Groeschel is die stigter en senior leraar van LifeChurch.tv. Craig, sy vrou, Amy, en hulle
ses kinders bly in Edmond, Oklahoma, waar LifeChurch.tv in 1996 begin het. Hy is ’n gereelde
spreker by konferensies en is ook die skrywer van verskeie boeke.

Uitgewer: CUM
Prys:R110-00*
*Prys onderhewig aan verandering

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.