Feestyd-oordenking: God se volgelinge is sy liggaam in die wêreld

hou-hande_stiltetyd_pixabay.jpg

Argieffoto (Foto: Godsgirl_madi/Pixabay)

So is julle dan nie meer vreemdelinge en bywoners nie, maar medeburgers van die heiliges en huisgenote van God, gebou op die fondament van die apostels en profete, terwyl Jesus Christus self die hoeksteen is, in wie die hele gebou, goed saamgevoeg, verrys tot ʼn heilige tempel in die Here, in wie julle ook saam opgebou word tot ʼn woning van God in die Gees (Efesiërs 2: 19-22, 1953-vertaling).

In sy kort, motiverende boodskap aan sy lesers sê Pierre du Plessis dat Kersfees ʼn tyd van samekoms is en inderwaarheid ook ʼn getuienis is dat God lewe.

Die kerk, wat ons as volgelinge van Jesus insluit, is God se liggaam in die wêreld. Ons is die tempel van God en deur ons wys God dat hy in beheer is en teenwoordig is in die wêreld van vandag.

Gedurende die Kerstyd dink ons dan nie nét terug aan Jesus se geboorte in ʼn stal nie. Ons dink ook aan God wat weer in elkeen van ons gebore word. Wanneer ons saamkom en aanbid is dit getuienis dat God lewe; dat sy Seun hier was en steeds is.

Luister hier na Du Plessis se Kersfeesboodskap:

  • Du Plessis is die skrywer van Boomwortels in die hemel wat deur Lux Verbi, ʼn druknaam van NB-Uitgewers, uitgegee is.
  • Die video en boodskap word in samewerking met Lux Verbi en die skrywer aangebied.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.