Die skrywer Kristel Loots se hoofkarakter in haar nuutste boek staan op die vooraand van haar vyftigste verjaarsdag. Tussen haar ouderdom, haar man se werk en haar kinders, voel dit of Katerina tussen drie pilare rondhardloop wat net gevaarlike krake in haar lewe veroorsaak. Tog is alles nie hopeloos nie, en Katerina besef haar mojo is nog lank nie verlore nie.
Kristel het uit Kaapstad met Esté Meyer Jansen gesels oor haar boek, die karakter en vroue se mojo.