Luister: Só beïnvloed oormaat alkohol jou brein, liggaam

Foto bloot ter illustrasie. (Foto: Kelsey Chance/Unsplash)

“Alkohol is ʼn onderdrukker. Dit onderdruk jou intellek, energie, inhibisies, en jou gedrag raak onvanpas.”

Dit is Willie Pienaar se reaksie op die vraag oor wat in ʼn mens se brein en liggaam gebeur wanneer jy te veel alkohol inneem. Hy gesels verder in hierdie episode ook oor die risiko’s van herhaalde oormatige alkohol-inname, gevaartekens en hoe om daarop te reageer.

“Gereelde intoksikasie en babbelas; as jy nie kan onthou wat die vorige aand gebeur het nie; dikwels verskoning vir jou wangedrag maak; of wegbly van die werk af; en wanneer jou verhoudings besig is om tot niet te gaan … dit is alles gevaartekens wat daarop dui dat jou alkoholgewoontes ongesond is.”

In sy boek, Sober: ʼn Praktiese gids na vryheid van verslawing, verwys Pienaar na die Cage-vrae, ʼn model wat in 1968 deur die North Carolina Memorial Hospitaal ontwikkel is (bl. 74-75). Dit word gebruik om moontlike alkoholmisbruik by iemand te bepaal.

“Mense met alkoholprobleme weet gewoonlik dat hulle in die moeilikheid is, en dit is nie iets wat noodwendig vanself hanteer kan word nie. In baie gevalle is dit nodig om professionele hulp te kry en dit saam met iemand deur te werk.

Hy probeer om met sy boek ʼn padkaart te gee met stapsgewyse raad oor hoe om nie meer ʼn slagoffer te wees nie, maar iemand wat alkohol-uitdagings oorkom het.

In die volgende aflewering van Maroela Media se podsendingreeks oor alkoholmisbruik gesels Pienaar oor stigmas en die invloed op die gemeenskap. Die reeks is gegrond op Pienaar se boek, Sober: ʼn Praktiese gids na vryheid van verslawing, wat deur Luca, ʼn druknaam van Lapa Uitgewers, uitgegee is.

  • Luister boaan na die vyfde episode van Maroela Media se podsendingreeks oor alkoholmisbruik.
  • Luister na vorige episodes in die reeks hier.
  • Sober kos R240 (prys onderworpe aan verandering). Klik hier om die boek by Graffiti Boeke aan te skaf.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Wielspore ·

My ouste broer was ‘n alkoholis en hy is voortydig oorlede, die impak op hom self, vriende en familie was hewig, mens moes altyd waaksaam wees in sy teenwoordigheid. Hier volg sy eienskappe, meester manipuleerder, groot prater, leunaar, skinderbek, moeilikheid maker, vroue slaner, molesteerder, werkloos, leen geld en betaal nooit terug, hy is die slagoffer, geen verantwoordelikheid, verkragter, dobbellaar, dwelm gebruiker en smokkelaar, agressief, baie slim, aanvaar geen raad, verkoop waardevolle items vir drank geld. Hierdie is soos skuurpapier teen jou lyf, dit maak seer en word nie gesond. Vat beheer van jou lewe.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.