Namakwastories: ‘Ek het da’ die djirretjie so lief’

Karoo_kerk_stiltetyd_pixabay.jpg

Argieffoto (Foto: maraisea/Pixabay)

Jan Coetzee van Wyk

Die skrywer Jan van Wyk is ʼn Namakwalander in murg en been. Vra jy hom oor sy kortverhale in Vertel da’ vir my ʼn storie van Namakwaland dan is dit sommer vinnig duidelik dat talle hiervan ontstaan het uit eie ervaring, stories wat oorvertel word en ʼn goeie begrip van die Namakwalandse omgewing en sy mense.

Jan se pa het hulle oor jare met allerhande stories vermaak. Hy het by geleentheid kortliks van so ʼn voorval (soos in “Ek het da’ die djirretjie so lief”) vertel, en dit is waar die idee ontstaan het, vertel Jan. “Ek het dus gewoon uit my ervarings hierbo getap en toe die storie geskryf.”

Jan het matriek op Springbok behaal en op dié dorp, soos op baie ander plattelandse dorpe, is die kerk die spil waarom alles draai. ʼn Mens kan dan nie help om te wonder hoe ʼn Namakwalandse gemeente op Piet se vergryping van die nagmaalbeker in “Ek het da’ die djirretjie so lief” sou reageer nie.

“Om eerlik te wees, weet ek ook nie hoe die gemeente sou reageer nie,” verklap Jan. “Maar ek verbeel my, juis omdat ek blootstelling daaraan gehad het, dat toe die onreg aan die lig gekom het, daar weinig van die gewyde atmosfeer waarna toevallig in die storietjie verwys word, oorgebly het.”

Hy meen diegene wat toe nog nie ʼn sluk uit die beker gevat het nie ernstig en in gekruide taal vir Piet Holtand sou dreig, beskuldig, verwyt en verneder het.

“Die hoogheiliges moet ek ook aanvaar sou vir ʼn wyle, die woordeskat wat met hul ‘heiligheid’ gepaardgaan, vergeet het en ek sou nie verbaas wees as hulle Piet sonder seremonie uitgesmyt het nie. En natuurlik sou daar ʼn groot groep wees wat gewoon, sonder deelname, net sou lag.”

  • Lees meer oor Vertel da’ vir my ʼn storie van Namakwaland hier op Maroela Media.
  • Luister hierbo na “Ek het da’ die djirretjie so lief” uit die bundel Vertel da’ vir my ʼn storie van Namakwaland. Dit word voorgelees deur Johnny Klein.

Uitgewer: Malan Media
Prys: R240,00*

*Prys onderworpe aan verandering
Koop die boek by Graffiti Boeke

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.