Nuwejaarsboodskap: Stap 2023 in met vryheid

vrou_vrede_natuur_sonsopkoms_stiltetyd_pixabay.jpg

Argieffoto (Foto: Pixabay)

“As ons beweer dat ons nie sonde het nie, bedrieg ons onsself en is die waarheid nie in ons nie. Maar as ons ons sondes bely – Hy is getrou en regverdig, Hy vergewe ons ons sondes en reinig ons van alle ongeregtigheid (1 Johannes 1:8-9, 1983-vertaling).”

In haar kort, motiverende boodskap aan lesers verwys Benescke Janse van Rensburg na die Hollywood-akteur Dwayne Johnson wat as kind daagliks Snicker-sjokoladestafies by ʼn plaaslike winkel gesteel het.

Johnson het jare lank ʼn swaar skuldgevoel ervaar wanneer hy verby dié winkel geloop of gery het. Hy het egter onlangs besluit om sy verkeerde optrede in die verlede te gaan regstel.

“Hy het daardie dag ingestap en klaargemaak met dit wat in die verlede gebeur het deur om verskoning te vra en dinge reg te maak. Dwayne se storie het my baie laat dink aan die nuwe jaar wat voorlê en dat ʼn mens maklik kamp opslaan in hierdie vallei van skuldgevoelens. Deur kamp op te slaan en nie die situasie te hanteer nie, laat jy toe dat dit jou lewe beheer.”

Benescke se Nuwejaarsboodskap is dat mense by God sal vergifnis vra en sal vertrou dat Hy hulle vergewe. Haar hoop is dat elkeen van ons die tentpenne sal uittrek, die tent opslaan en die vallei van skuldgevoel sal verlaat.

“Mag jy kies om die verlede agter te laat en die nuwe jaar met vryheid in te stap.” Kyk hier na haar boodskap:

  • God is stééds God kos R249 en is aanlyn beskikbaar per bestelling. Lees meer oor die boek hier op Maroela Media.
  • Die video en boodskap word in samewerking met die skrywer aangebied.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.