Selfpublikasie, hier is wat jy moet weet

boeke

Foto: Likeisaidlady.com

Droom jy daarvan om jou eie digbundel te publiseer of julle familiegeskiedenis in ʼn pragtige koffietafelboek te laat voortleef?

Wil jy graag meer seggenskap oor die inhoud en uitleg van jou boek hê?

Izak de Vries, bemarking- en kommunikasiebestuurder by Lapa Uitgewers, het onlangs met Maroela Media oor Paper Frog Publishing gesels. Dié uitgewery is ʼn onderafdeling van Lapa Uitgewers en help skrywers om hul boeke self te publiseer.

“Ons het ’n kundige span uitgewers en medewerkers, soos manuskripontwikkelaars, redigeerders en proeflesers, wat skrywers help om hul stories uit te gee,” vertel De Vries.

Hy verduidelik wat die voor- en nadele van selfpublikasie is en hoe dit verskil om saam met ʼn uitgewer te werk.

“Sommige skrywers verkies om saam met ʼn uitgewer te werk en hulle toe te laat om beheer te neem, terwyl ander die vryheid van ʼn selfpublikasie verkies,” sê De Vries. Daar is nie ʼn regte of verkeerde roete nie, voeg hy by.

Argieffoto (Foto: By mpclemens van Pleasant Hill, Wikimedia Commons)

Paper Frog Publishing verleen hulp in verskeie fases van die publikasieproses. Dit sluit in:

  • Manuskripontwikkeling
  • Redigering
  • Setwerk
  • Proeflees
  • Ontwerp van omslag
  • ISBN-registrasie en strepieskode
  • Drukwerk
  • Die ontwikkeling van ʼn e-boek
  • Aflewering
  • Bemarking en verspreiding

“Ons bied verskillende pakkette aan skrywers. Dit is juis wat dié uitgewery so aanloklik maak,” sê De Vries. ʼn Skrywer se begroting, behoefte en doel met die boek is alles faktore wat ʼn rol speel.

De Vries brei ook uit oor outeurs- en publikasiereg en wat skrywers in ag moet neem wanneer hulle self ʼn boek uitgee.

Besoek Paper Frog Publishing se webwerf vir meer inligting oor die selfpublikasieproses.

  • Izak de Vries, bemarking- en kommunikasiebestuurder by Lapa Uitgewers, het onlangs met Maroela Media oor Paper Frog Publishing gesels. Dié uitgewery is ʼn onderafdeling van Lapa Uitgewers en help skrywers om hul boeke self te publiseer. Luister na die onderhoud boaan hierdie berig

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Stof ·

Om te griffel voed nie net die gees wat sy inhoud deel nie, maar ook hulle wat dit later lees. Omdat ons almal uiteenlopend is, kan ons deur ons diverse gawes en insigte te dokumenteer, mekaar se lewensinsig wedersyds verryk.
Dus, skryf. Moenie jou gedagtes net laat ophoop nie. Daar is baie lesers daarbuite, wat kan baat by jou lewenservaring,

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.