Skryfnet: Is dit jou droom om kinderboeke te skryf?

 skryfnet-aanlynwinkel-05.jpgWas dit nog altyd jou droom om jou eie kinderverhaal te publiseer?

Dan is daar goeie nuus vir jou! Skryfnet, die Afrikaanse skryfskool, se gewilde kursus, wat ontwikkel is deur Carina Diedericks-Hugo en aangebied word deur Nanette van Rooyen, is terug om jou vir ’n tweede keer te leer om die perfekte kinderverhaal te skryf.

Carina Diedericks-Hugo is ’n gesoute kinderverhaalskrywer, wat die ATKV-Kinderboekprys reeds ses maal gewen het, en is veral bekend vir boeke soos die Thomas@-reeks wat te sien is as ’n TV-reeks op kykNET, asook Koning Henry, Operasie M.I.A.A.U. en Die verdrinking van Josua van Eden.

foto-carina.jpg

Die kursus is ontwikkel deur Carina Diedericks-Hugo. (Foto: Verskaf)

Nanette van Rooyen publiseer al kinderboeke van 1994 af. Sy het haar debuut in die kindermark gemaak met Onkel en Pops en het sedertdien al agtien kinderboeke, asook twee bekroonde tienerromans, geskryf.

Skryf ’n Kinderverhaal sal oudergewoonte aanlyn aangebied word oor ’n tydperk van ses weke. Dit is ’n praktiese skryfkursus wat fokus op die belangrikste elemente van kinderverhale.

Deelnemers aan hierdie kursus sal leer hoe om ’n kinderboek te beplan, ontwikkel en skryf vir kinders tussen die ouderdomme van agt en twaalf jaar.

As jy ’n kinderstorie in jou hart het wat jy graag met die jongspan wil deel, is Skryf ’n Kinderverhaal ’n móét.

Die kursus skop amptelik op 17 Oktober vanjaar met ’n aanlyn verwelkomingsessie af.

Om jou plek te bespreek, klik hier. Sodra die registrasieproses afgehandel is, sal daar ’n e-pos met verdere inligting deurgegee word om toegang tot die leerplatform te kry.

foto-nanette.jpg

Die kursus word aangebied deur Nanette van Rooyen. (Foto: Verskaf)

Deelnemers wat die kursus voltooi, ontvang ’n sertifikaat van Akademia. Inskrywings sluit op 12 Oktober 2022. Koste beloop R2 100 per persoon.

Besoek ook Skryfnet se webblad vir meer inligting en antwoorde op gereelde vrae.

Skryfnet is ’n projek deur Maroela Media en Akademia.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.